|
AGRI-TYDSKRIF
Agri, waarby ingelyf Die Boer/The Farmer, word as 'n tweemaandelikse
A4-glanstydskrif regstreeks aan sowat 33 000 lede, meningsvormers en
besluitnemers versprei. Die tydskrif word op 'n kosteverhalende basis
bedryf.
Agri SA se funksionarisse doen in die tydskrif verslag oor 'n wye
spektrum van onderwerpe insluitend die ekonomie, handel, omgewingsake,
watersake, veiligheid, grondsake, arbeid, opleiding, infrastruktuur,
tegnologie, boerontwikkeling en dieAgri Securitas-projekte.
Nuus van Agri SA se bedryfsaffiliasies word gereeld gepubliseer en
nuusbriewe asook ander aktuele sake van verskeie provinsiale
landbou-unies word geredigeer en as deel van die tydskrif se
redaksionele kommentaar gepubliseer. Nuus van ander landbou-vennote
word ook gereeld geakkommodeer. Elke uitgawe van die Agri het sy eie
tema en
daar word gepoog om artikels wat by dié spesifieke tema pas te publiseer.
Die tydskrif sluit ook gewoonlik 'n profiel van 'n prominente boer en
lid van Agri SA in.
Goeie terugvoer en navrae na aanleiding van artikels en advertensies wat
in die tydskrif verskyn, dien as ‘n uitstekende barometer vir die
aanvraag daarna. In ‘n opname onder boere deur die onafhanklike
navorsingsgroep, Research in Action, is bevind dat Agri een van die vier
top landboupublikasies in die land is wat deur die boere gelees word.

RADIO
Die radio
is 'n toeganklike en onmiddellike medium om die boeremark, die
wydvertakte verbruikersmark en ook nuwe boere mee te bereik. Agri SA se
oogmerk is om die organisasie se boodskap, dienste en prestasies by
hierdie drie teikengehore uit te bring, maar ook om positiewe boodskappe
oor die rol van die landbou in Suid-Afrika te versprei.
RSG Landbou bestaan uit aktualiteitsonderhoude en
landbounuus wat van Maandae tot Donderdae van 12:30 - 12:44 uitgesaai
word op RSG. Die aanbieder is Hennie Maas. Die hoofborge Agri SA, MPO
Agribonus en Graan SA is verantwoordelik vir die verskaffing van die
programme se redaksionele inhoud. Die programinhoud en nuus word
gekoördineer en saamgestel deur Agri Connect.
|
Aanbieder:
Hennie Maas
Navrae:
Navrae oor die
Maandag program kan gerig word aan:
Thea Liebenberg
Media Skakelbeampte
Tel: 012 643 33400
Faks: 012 663 3178
epos: thea@agrisa.co.za
|
|

|
|

NUUSBRIEF
Agri SA se weeklikse elektroniese nuusbrief aan landbouleiers en
media bied die jongste inligting oor belangrike beleidsverwikkelinge
binne Agri SA. Die nuusbrief word in Afrikaans en Engels deur
affiliasies aan hul lede versprei en word so
ver as Namibië gelees.
|
|
|
Navrae:
| Thea Liebenberg |
| Media Skakelbeampte |
| Tel: 012 643 3400 |
| Faks: 012 663 3400 |
| e-pos:
thea@agrisa.co.za |
|

|
|
"Klik"
hier vir nuusbriewe

MEDIAVERKLARINGS
Agri SA reik op ‘n deurlopende basis mediaverklarings
uit oor ‘n verskeidenheid van sake wat vir die landbou van belang is.
Hierdie verklarings word gewoonlik wyd in die media aangehaal.
|
Navrae:
| Thea Liebenberg |
| Media Skakelbeampte |
| Tel: 012 643 3400 |
| Faks: 012 663 3178 |
| e-pos:
thea@agriinfo.co.za |
|

|
|
"Klik"
hier vir die mediaverklarings
|