|
|
|
|
|
|
|
Agri SA gee erkenning aan sakevennote wat op verskeie vlakke van dié
organisasie 'n bydra lewer.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|

Werner Ras
Absa AgriBesigheid, u Landbouvennoot! Die landbousektor vorm een van
die hoekstene van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Hoewel direkte ekonomiese
bydrae vier persent beloop, lê sy belangrike rol voor die hand wanneer daar in
ag geneem word dat ongeveer 25 persent van die ekonomie deur die sektor se
voorwaartse en terugwaartse skakeling met ander sektore in die ekonomie
beïnvloed word.
Landbou speel nie net 'n belangrike rol ten opsigte van ekonomiese bydrae
nie, maar dit verskaf ook meer as 1,2 miljoen formele en informele
werksgeleenthede. Deur middel van sy uitvoerbedrywe is die sektor 'n
belangrike bron van internasionale handel en 'n genereerder van buitelandse
kapitaal. Ten opsigte van internasionale handel is Suid-Afrika onder die top
sewe netto uitvoerlande van landbouprodukte. Dit is belangrike prestasies,
veral wanneer landbou se seisoenaliteit, algemeen droë produksie-omgewing
sowel as sy blootstelling aan nadelige klimaatstoestande in ag geneem word.
Absa is verbind tot die sektor en is reeds sedert die draai van die vorige
eeu 'n strategiese en finansiële vennoot vir die landbousektor van die
Suid-Afrikaanse ekonomie. Sy verbintenis word gedryf deur 'n holistiese
benadering wat langtermynvolhoubaarheid en optimale winsgewendheid sal
verseker.
Ons Besigheidsbankbestuurders met ondersteuning van ons AgriSpesialiste,
voorsien reeds baie jare in die behoeftes van ons landboukliënte. Ons
AgriSpesialiste spesialiseer in finansiële beplanning en bied 'n omvattende
reeks produkte en dienste wat in die boer se unieke boerderyvereistes
voorsien.
Werner Ras; tel: 011 350-6854; www.absa.co.za. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|

Dirk van Rooy
Barloworld Fleet Marketing is baie trots op sy vennootskap en assosiasie met
Agri SA. Hierdie verhouding het geweldig gegroei oor die laaste drie jaar en
ons is toegewyd daaraan om seker te maak dat hierdie verhouding sal strek
tot ver in die toekoms.
Barloworld Fleet Marketing is daartoe in staat om Agri SA-lede nasionaal met
'n geïntegreerde vervoeroplossing te voorsien. Ons streef daarna om altyd
uitstekende kwaliteit diens te lewer.
Deur middel van wen-wen vennootskappe, volhoubare ontwikkeling en
gesamentlike ondersteuning van die gemeenskap bly die verhouding suksesvol
vir beide partye. Ons besef ook dat daar verskeie probleme en uitdagings
geassosieer word met die georganiseerde landbou en ons weet dat ons
finansiële bydrae slegs 'n geringe bydrae is. Ons glo dat ons deur hierdie
bydrae ons toegewydheid aan hierdie belangrike deel van ons ekonomie toon.
Barloworld Fleet Marketing is hier om u met 'n totale oplossing vir al u
motorbehoeftes te bied.
Dirk van Rooy
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|

Esmé Theron
T & E FinOps is sedert 1998 in vennootskap
met Agri SA en sy affiliale. Ons is bekend vir die Agri Securitas
Traumaversekeringsproduk en het sedertdien uitgebrei tot 'n volledige
eenstop-finansiële diens. U skakel slegs EEN nommer vir die volgende:
Agri Securitas Traumaversekering-dekking vir die hele
gesin;
Huisinhoud/motorversekering teen ongelooflike
tariewe;
Kommersiële versekering teen kompeterende tariewe;
Mediese Fondse - ons hanteer u probleme gratis;
Finansiering op roerende bates teen lae rentekoerse
en gestruktureerd vir die boer;
Langtermynversekering, dek risiko’s ten opsigte van
dood, ongeskiktheid en gevreesde siektes;
Beleggings teen beste bestuurskoste in die mark;
Verkryging van motors teen maksimum vlootafslag op
nuwe motors;
Produkontwikkeling vir u behoeftes; en
Werknemersvoordeelpakkette.
Esmé Theron: tel: 012 440-6660; faks 012 341-0448; e-pos tefinops@netactive.co.za
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|

Marius Vermaak
Die afgelope jaar het baie plaasboere by
CrisisOnCall aangesluit. Gedurende die tydperk is daar nie net by
verskeie geleenthede telefoniese mediese advies aan mense op die
platteland gegee wat hulself midde in 'n onbekende mediese situasie
bevind het nie, maar is daar ook selfs beseerdes per lug na die stad
vervoer waar die nodige mediese hulp vinnig beskikbaar was.
Die reismoniteringsdiens het ook baie plaasboere en hul gesinne
gemoedsrus besorg waar hulle huiswaarts gekeer het en hul reis tot by
die huis gemonitor is. CrisisOnCall het selfs 'n plaasboer gered van 'n
moontlike roof toe sy vrou ingeskakel het en die roepsentrum die nodige
vinnige aksies kon neem.
CrisisOnCall is ook trots om maandeliks 'n bydrae uit lidmaatskap aan
die Agri Securitas Trustfonds te maak en sodoende by te dra tot
landelike beveiliging.
Marius Vermaak; tel: 083 302 7576
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|

Francois Jacobs
Nissan Suid-Afrika is trots om
met landbou in Suid-Afrika geassosieer te word. Nissan is sedert die jaar
2000 aktief betrokke by Agri SA en veral deur sy verbintenis met die Agri
Securitas Trustfonds. Nissan het dan ook reeds meer as R3 000 000 die
afgelope vyf jaar spandeer op projekte vir landelike beveiliging. Hierdie
projekte is in samewerking met Agri SA en die Agri Securitas Trustfonds
gedoen. Nissan SA het ook onlangs aangekondig dat die kontrak met Agri
SA wat in Oktober ten einde loop, weer verleng sal word vir 'n verdere
periode. Bogenoemde bevestig weer eens Nissan SA se betrokkenheid by landbou in
Suid-Afrika.
Francois
Jacobs; tel 011 695 4200; www.nissan.co.za
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|

Gideon Meiring
Total SA het
sy lojaliteit aan die landbou in die algemeen en aan die boere in besonder
oor baie jare sigbaar probeer demonstreer. Total SA glo dat dit as sodanig
'n goeie langtermynbelegging was, veral gegewe boere se vermoë om ten spyte
van 'n legio van beleids- en ander veranderinge in die afgelope dekade,
steeds met onderskeiding die posisie van die landbou in die ekonomie te kon
handhaaf. Die persoonlike kontak tussen Total SA en die landbousektor binne
hierdie vennootskapsverhouding word eweneens nie geringgeskat nie.
Bewus van die feit dat die landbou periodiek deur rampe gekonfronteer word,
het Total SA ook in die jongste verlede gepoog om 'n positiewe bydrae in die
verband te maak. Met die oog daarop om sinvolle stelsels, prosedures en
ondersteuningsmaatreëls in die verband in samewerking met die owerheid te
ontwikkel, het Total SA verdere fondse bewillig wat deur die rolspelers vir
die doel aangewend sal word.
Gideon Meiring
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|