| |
Agri SA is in 1904 gestig as die
Suid-Afrikaanse Landbou-unie en bedien tans sowat 70 000 groot- en
kleinskaalse kommersiële boerelede.
AGRI SA SE MISSIE
Agri Suid-Afrika (Agri SA) is ‘n federale organisasie
wat namens sy lede die volhoubare winsgewindheid en stabiliteit van
kommersiële landbouprodusente en -besighede bevorder deur sy
betrokkenheid en insette op nasionale en internasionale vlak.

DIE ORGANISASIE
Organisatoriese struktuur


AGRI SA SE DAGBESTUUR
| |
|
 |
|
|
| |
|
President
Johannes Möller
|
|
|
 |
 |
 |
 |
|
Adjunkpresident |
Visepresident |
Visepresident |
Visepresident |
| |
Voorsitter Algemene Sakekamer
|
Voorsitter Bedryfskamer
|
Voorsitter Landbou- besigheidskamer
|
|
Theo de Jager |
Louw Steytler
|
Neels Ferreira |
Corwyn Botha |
| |
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
AGRI SA SE DIREKTORAAT
| |
|

|
|
|
| |
|
Uitvoerende Direkteur |
|
|
| |
|
|
|
|
| |
|
Hans van der Merwe |
|
|
|
 |
 |
 |
 |
|
Adjunk Uitvoerende
Direkteur |
Direkteur |
Direkteur |
Direkteur |
|
Ekonomie & Handel |
Natuurlike Hulpbronne |
Korporatiewe Skakeling |
Finansies & Administrasie |
| |
|
|
|
|
Johan
Pienaar |
Nic Opperman |
Kobus Visser |
Willie Jacobs |
| |
|
|
|
| |
 |
 |
|
|
Portefeulje Bestuurder |
Portefeulje Bestuurder |
|
| |
Parlementêre Skakeling & Grondsake |
Arbeid & Opleiding |
|
| |
|
|
|
|
Annelize Crosby |
Kobus Kleynhans |
|
| |
|
|
|
|

|
AGRI SA SE KONTAKBESONDERHEDE
| Privaatsak X180,
Centurion,
0046 |
| Telefoon
: +27 (0) 12 643 3400 |
| Faks
: +27 (0) 12 663 3178 |
| e-pos
: agrisa@agrisa.co.za |
| |

FOKUS-AREAS
Handel en Nywerheid
|

|
Voorsitter: Wiehan Victor
|
|
Ten einde die welvaart van die landbou ook binne die
handelsomgewing en spesifiek as deel van die aanbodketting van voedsel-
en veselprodukte te bevorder, val die fokus word op die volgende
aangeleenthede:
- Deelname aan die ontwikkeling van 'n
Mededingingswet en monitering van mededingingspraktyke.
- Die lewering van insette met betrekking tot 'n handelsbeleid vir
landbou aan bv die Nasionale Departement van Landbou (NDL), met die
oog op 'n gelyke speelveld vir die plaaslike sektor.
- Deelname aan die ontwikkeling van die Wet op
Handelsadministrasie ten einde 'n aanvaarbare prosedure - onder andere
vir aansoeke vir invoertariewe op invoerbare landbouprodukte - daar te
stel.
- Deelname aan die ontwikkeling van die
Proudly South African-veldtog.
- Evaluering van alle handelsooreenkomste, bv.
tussen Suid-Afrika en die Europese Unie (SA/EU) asook binne die
Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), om hul invloed op
die landbou te bepaal.
- Verteenwoordiging in die Nasionale Ekonomiese,
Ontwikkelings-en-Arbeidsraad (NEOAR), en die Internasionale Federasie van
Landbou-organisasies (SACAU) ten einde die belange van plaaslike boere
te bevorder.
- Die lewering van insette rakende die ontwikkeling van 'n
nywerheidsontwikkelingstrategie wat landelike behoeftes in ag neem.
Ekonomiese
Sake
|
 |
Voorsitter:
Louw Steytler
|
|
Ten einde die inkomstestaat van die landbou en
individuele boere ten opsigte van die kostestruktuur van insette,
finansiering en belastingaangeleenthede so gunstig moontlik te
beïnvloed, is die volgende voorbeelde van aangeleenthede wat periodiek
onder die soeklig kom:
- Die brandstofkonsessie waarvoor boere
tans kwalifiseer.
- Die lewering van insette met die ontwikkeling van 'n
risiko- en rampbestuursbeleid.
- Die kwantifisering van skade
voortspruitend uit natuurrampe en die bedinging vir owerheidsbystand.
- Kapitaalwinsbelasting en spesifiek die
billike hantering van plaashuise in die verband.
- Die finansiële uitwerking van die
sektorale vasstelling en spesifiek minimumlone, op die landbou.
- Die belastingbedeling vir die landbou,
soos die afskryfbaarheid van boerderyverliese teen eksterne inkomstes
en veranderde jaareindes.
- Die uitwerking van eiendomsbelasting
op die landbou.
- Die posisie van die Land Bank met
betrekking tot die finansiering van landbou, bv. rentekoerse en bankstate ten opsigte van uitstaande lenings.
- Die prysbewegings van landbou-insette
en tersaaklike wetgewing, ook spesifiek met betrekking tot
die prysbewegings van elektrisiteit.
- Ondersteuning van statistiese opnames
en die interpretering daarvan.
Wet en Orde
|
 |
Voorsitter: Andre Botha
|
|
'n Misdaadvrye omgewing is 'n logiese
voorvereiste vir produksie, investering en landelike ontwikkeling. In
hierdie verband is die volgende van belang:
- 'n Protokol vir plaastoegang wat deur regeringstrukture en veiligheidsmagte
aanvaar is en reeds in werking gestel is.
- 'n Inligtingstuk oor die hantering van
plaasbesettings is opgestel en met die veiligheidsmagte se
ondersteuning versprei.
- Die posisie van die kommandostruktuur
en toekomstige bedeling word op owerheidsvlak uitgeklaar om te voorkom
dat 'n vakuum ontstaan ten opsigte van landelike veiligheid.
- Die herstrukturering van polisiestasies in
die landelike gebiede.
- 'n Onafhanklike ondersoekkomitee is op
versoek van Agri SA saamgestel om moontlike motiewe vir plaasaanvalle
te ondersoek.
- Voorvalle van intimidasie tydens
dreigende grondbesettings word gemonitor en in samewerking met die
veilgheidsmagte hanteer.
- Die lewering van insette rakende 'n hersiene beleid vir
polisiereserviste.
- Die algemene misdaadsituasie in die
land en veral in landelike gebiede word gemonitor.
- Wetgewing oor die aanstelling van
paroolrade.
- Die evaluering van en aanbevelings oor beveiligingstelsels..
- Gereelde skakeling met die Nasionale
Veediefstalkomitee.
- Interaksie met die Agri Securitas
Trust ten opsigte van veiligheidsprojekte in landelike gebiede.
Watersake
|

|
Voorsitter:
Johannes Möller
|
|
Water is geïdentifiseer as 'n
aangeleentheid wat toegewysde en deurlopende aandag regverdig. Met die
volgende tipiese aksies is gunstige resultate verkry, of voortgesette
betrokkenheid beding:
- Die Departement van Waterwese en
Bosbou (DWAF) se goedkeuring is verkry vir die infasering van
onderhouds- en bedryfskoste by staatswaterskemas oor 'n periode van
vyf jaar.
- Die inwerkingstelling van moratoriums
op watertariefverhogings is by DWAF beding vir die omskakeling van
staatswaterkanaalskemas na watergebruikersverenigings.
- Die depresiasiekoste wat by
staatswaterskemas gevorder word, is na 'n ooreenkoms met DWAF beperk
tot 1c per kubieke meter jaarliks vir 'n periode van drie jaar.
- Die heffing vir die Werk-vir-Water
Program is in oorleg met die Minister van Waterwese en Bosbou beperk
tot 10% van die werklike koste.
- Afvalbestuur, lisensiëring van
watergebruiksregte en 'n Nasionale Waterhulpbronstrategie vorm deel
van die voortgesette implementering van die Waterwet.
Nasionale Infrastruktuur
|
 |
Voorsitter:
Thinus Ferreira
|
|
Die belang van 'n toereikende fisiese
infrastruktuur vir ekonomiese en landelike ontwikkeling, en mededingende
landbouproduksie is vanselfsprekend. Deurlopende skakeling met spesifiek ook
plaaslike owerhede oor die volgende beleids- en operasionele
aangeleenthede is voorbeelde van sake waarmee gehandel word:
- 'n Ontoereikende landelike
padinfrastruktuur en die agteruitgang daarvan.
- Die ondervoorsiening van
spoorinfrastruktuur in spitstye en die gebrekkige onderhoud daarvan
wat koste-nadelig inwerk op die landbou.
- Die standaardisering van trekker- en
sleepwa-lisensietariewe en die administratiewe stelsel daaraan verbonde.
- 'n Uitsluitingsklousule vir die
vervoer van klein hoeveelhede gevaarlike stowwe deur die landbou binne
die konteks van die Padverkeerswet.
- Probleme met die hantering van vrag by
hawens en die kosteverhogende effek daarvan op uitvoere.
- Die daarstelling van effektiewe
kommunikasie-infrastruktuur.
- Die finansiële uitwerking van
tolhekgelde op die vervoerkoste van landbouprodukte en -insette en die
verkryging van 'n nasionale tolgeldkonsessie.
- Die veiligheid van padgebruikers op
nasionale roetes.
- Die bevordering van landbou se posisie
met betrekking tot deelname aan plaaslike regeringstrukture.
- Die standaardisering van
voertuigspesifikasies.
- Die bedinging van 'n
gestandardiseerde posbushuurtarief vir bona fide-boere.
Arbeid & Opleiding
|
 |
Voorsitter:
Anton Rabe
|
|
Arbeid is die grootste koste-item in
die landbousektor en vra vir deurlopende gefokusde aandag. Deur die
jare het Agri SA ‘n wye skakelnetwerk oor die hele spektrum van
arbeidsbeleid, -reg en –praktyk opgebou en in stand gehou. Dit sluit
in:
-
Deurlopende interaksie met die
Departement van Arbeid op senior bestuursvlak;
-
Lid van die Nasionale Ekonomiese
Ontwikkelings- en Arbeidsraad (NEDLAC) arbeidsmarkkamer
sedert die instelling van die liggaam;
-
Lid van BUSA se maatskaplike
komitee;
-
Betrokke by talle werkgroepe van
BUSA en Nedlac waar veral arbeidsbeleid uitgedors word;
-
Beskikbaarsteling van standaard
diensooreenkomste met ondersteunende dokumentasie volgens wetlike
voorskrifte aan lede;
-
Beskikbaarsteling
van standaard diensooreenkomste met ondersteunende dokumentasie
volgens wetlike voorskrifte aan lede;
-
Bly op hoogte van gebeure op die
internasionale arbeidsterrein (Internasionale Arbeidsorganisasie);
-
Gee besondere aandag aan
arbeidsaangeleenthede wat ter sake is in internasionale
handelsreëlings (arbeidstandaarde, beroepsveiligheid op plase,
kinderarbeid);
-
Opleiding en advies in arbeidsreg
en –praktyk;
-
Opleidingstrategie vir
plaaswerkers;
-
Beleid
en strategie vir plaaswerkerhuise; en
-
Mediaskakeling en navrae.
Grondsake
|
 |
Voorsitter:
Theo de Jager
|
|
Die belangrikheid van grond as
produksiefaktor in die landbou en die posisie wat dit binne politieke
denke inneem, noodsaak:
- Deurlopende skakeling met die
Departement van Grondsake oor die ontwikkeling van 'n gemeenskaplike
raamwerk vir die implementering van grondhervorming en die soeke na
oplossings vir verbandhoudende probleme.
- Kommentaar en insette oor die
ontwikkeling van verbandhoudende wetgewing (bv. Restitusiewet,
Verblyfregwet en Huurarbeidwet).
- Ondersoek na die implikasies van die
Verblyfregwet vir die indiensneming van werknemers in die landbou soos
wat in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch gedoen is.
- Vertoë tot die regering wat ook gelei
het tot die spoedige en suksesvolle verwydering van onwettige plakkers
by Bredell (Gauteng).
- Ondersteunende optrede as bv. 'n vriend
van die hof (amicus curiae) in bepaalde regsaksies (bv. die
Modderklipsaak oor die staat se verantwoordelikheid met die onwettige
besetting van kommersiële landbougrond).
Omgewingsake
|
 |
Voorsitter: Gert Rall
|
|
Die aksies wat verband hou met
omgewingsake is daarop gerig om uitvoering te gee aan die beginsels van
volhoubare ontwikkeling soos internasionaal vasgestel en deur Suid-Afrikaanse
wetgewing voorgeskryf. Dit sluit in:
- Inspraak in en deelname aan die
werksaamhede van die Verenigde Nasies se Kommissie vir Volhoubare
Ontwikkeling.
- Deelname aan die hersiening van
wetgewing en regulasies wat omgewingsverwante kwessies reël (bv.
veldbrande en die beheer van plae).
- Inspraak rakende die funksies van
LandCare-komitees van Nasionale Departement van Landbou (NDL).
- Kommentaar op mynbouwetgewing en
toepassingsprobleme.
- Deelname aan die Werk-vir-Water
Program met die doel om ongewenste uitheemse bome deur
werkskeppingsprogramme te verwyder en stroomvloei in riviere te
verbeter.
- Deelname aan die formulering van 'n
Handves vir Boere (Farmers' Charter) soos beoog deur die NDL en in beginsel aanvaar by
die Wêreldspitsberaad vir Volhoubare Ontwikkeling.
Inligting,
tegnologie-ontwikkeling &
-oordrag
|

|
Voorsitter: Izak van der Merwe
|
|
Die mededingendheid van die landbou is
grootliks afhanklik van die ontwikkeling en toepassing van die jongste tegnologie. Derhalwe gee Agri SA aandag aan:
- Die bevordering van samewerking tussen
finansiers, diensverskaffers en gebruikers van tegnologie binne die
struktuur van die Nasionale Landbounavorsingsforum (NLNF).
- Die identifisering van
navorsingsknelpunte deur bv opnames daaroor by bedryfsinstansies te
doen.
- Die beredenering van en soeke na
oplossings vir finansieringsknelpunte,
intellektuele eiendomsreg, navorsingskapasiteit verlies en verwante
aangeleenthede in verskillende forums te beredeneer.
- Die fasilitering van skakeling tussen die
Landbounavorsingsraad (LNR) en bedryfsgroeperinge.
Boerontwikkeling
|
 |
Voorsitter:
Christof Cloete
|
|
Gegewe die missie van Agri SA, is die bevordering van 'n mededingende omgewing vir dié sektor as geheel
noodsaaklik. Daar is egter besef dat gefokusde aandag op Swart
Ekonomiese Bemagtiging (SEB) ook op nasionale vlak nodig is. Aksies wat
in dié verband onderneem word, sluit in:
- Die vestiging van 'n
ontwikkelingslessenaar om grondverwante SEB saam te vat in 'n
gekoördineerde nasionale databasis.
- Die identifisering van nuwe geleenthede vir SEB in die
landbou.
- Leiding rakende die oordrag van grond binne die
konteks van ordelike wetstoepassing en funksionerende markte.
- Die ontwikkeling van gepaste ondersteuningsmaatreëls in
samewerking met die owerheid en die privaatsektor.
- Die bevordering van die konsepte van mentorskap en
gesamentlike projekte in die landbou-sektor.
Korporatiewe
skakeling
|
 |
Voorsitter:
Carl Opperman
|
|
Agri SA hou 'n netwerk van verhoudinge in
stand, bevorder begrip en insig by belangstellendes en vestig
vennootskappe wanneer dit as bevordelik vir die toekoms van sy lede geag
word. Die afdeling Korporatiewe Skakeldienste help om dié verhoudinge in
stand te hou, uit te bou en te bevorder. Die volgende aksies is daarop gerig om
interne en eksterne verhoudinge te bevorder:
- 'n A4-glanstydskrif AGRI word tweemaandeliks
regstreeks aan ongeveer 31 500 lede gepos.
- 'n Weeklikse elektroniese nuusbrief
word per e-pos en faks aan lede versprei.
- 'n Radioprogram, Landbou-oorsig, word
in-huis geproduseer en deur Radiosondergrense (RSG) op
Maandae, Woensdae, en Vrydae vanaf 12:30 - 12:45 uitgesaai.
- Die verskaffing van insette vir 'n
landboutelevisieprogram, asook ander TV- en radioprogramme.
- Verskeie mediaskakel-aksies in
samewerking met borge, bv. mediadae, besoeke aan landbouleiers,
plaasbesoeke, mediakonferensies en besoeke aan medialeiers.
- Die koördinering van beeldbou-aksies, uitstallings en
funksies.
- Uitreiking van mediaverklarings en
ander inligtingstukke.
- Monitering van parlementêre prosesse en
fasilitering van parlementêre skakeling.
- Werwing van borgskappe.
- Interne en eksterne skakeling en
kommunikasie.
Plaaslike
Regering
|
 |
Plaaslike Regering Voorsitter: Borrie Erasmus
|
|
Deurlopende skakeling met
plaaslike owerhede oor die volgende beleids- en operasionele
aangeleenthede is voorbeelde van sake waarmee gehandel word:
- Die daarstelling van effektiewe
kommunikasie-infrastruktuur.
- Die bevordering van landbou se posisie
met betrekking tot deelname aan plaaslike regeringstrukture.
- Die bedinging van 'n
gestandardiseerde posbushuurtarief vir bona fide-boere.
|
|