Diewe vasgetrek toe hulle vee oor grens jaag - Agri SAAgri SA

Diewe vasgetrek toe hulle vee oor grens jaag

Polisiebeamptes van Ficksburg in die Oos-Vrystaat het Dinsdagaand sewe Lesotho-burgers in hegtenis geneem toe hulle na bewering gesteelde vee oor die grens tussen Lesotho en Suid-Afrika aangejaag het.

Die inhegtenisnemings kom ná meer as twee maande se ondersoekwerk waarin skape, beeste en bokke van duisende rande teruggevind is.

Kapt. Phumelelo Dhlamini sê die beamptes het meer as twee maande gelede al inligting ontvang dat mense vee in Lesotho steel en dit onwettig deur die Caledonrivier na Ficksburg aanjaag.

Klik hier om die volle artikel te lees.