e-agri March I Portfolio Committee - Agri SAAgri SA

e-agri March

Droogte
Agri SA vra vir bystand met die droogte!

Skaarste aan voer en stygende lusernpryse is besig om die krisis in droogtegeteisterde gebiede verder te vererger. Agri SA doen daarom ‘n dringende beroep op besighede, boere, en die publiek wat bereid is om finansieel by te dra, en wat ruvoer, mieliereste en ander vorme van voer kan skenk, om Agri SA te kontak. Derduisende stuks vee in besit van ons kommersiële en bestaansboere het reeds gevrek as gevolg van die akute behoefte aan voer. Lees meer

Droogte
Vorderingsverslag insake die Droogteramphulpfonds en verbandhoudende aksies

Agri SA is tans besig om aan verskeie fronte sedert Augustus 2015 aandag te gee aan die erge droogte in groot dele van die land. Daar is verskeie lang- en korttermynaksies. Op die korttermyn is daar onder meer die inwerkingstelling van die Senwes en Agri SA Droogteramphulpfonds en die ontwikkeling van ʼn fondsbestuursplan om die toekenning van fondse volgens duidelike riglyne en voldoeningsmaatreëls te bestuur. Lees meer

Parliament
Briefing in Parliament by the ILO on the report on living and working conditions on farms

The Portfolio Committees on Rural Development and Land Reform called a joint sitting with the Portfolio Committees of Agriculture, Forestry and Fisheries, Labour and Human Settlements to a briefing by the ILO on the findings of its investigation into living and working conditions on farms. Read more

Agri Securitas
Nissan verbintenis met Agri Securitas

Nissan SA se verbintenis met die Agri Securitas Trustfonds strek reeds vir meer as vyftien jaar waardeur Nissan SA ‘n bydrae van R1500 tot die Trustfonds bewillig vir elke nuwe Nissan voertuig wat deur die landbou, insluitende boere, aangekoop word. Die gebruiklike metode waarby ‘n Vlootkode, F14911 gebruik word om vir die afslag te kwalifiseer wanneer ‘n voertuig by ‘n handelaar aangekoop word, is steeds in werking. Lees meer

Water
Stand van damme

Suid-Afrika se grootste opgaardam, die Gariep, met ‘n inhoudsmaat van 5196 miljoen kubieke meter, is tans 46.9% vol. Die Vaaldam se inhoudsmaat van 2604 miljoen kubieke meter, is Suid-Afrika se belangrikste dam weens sy rol as waterverskaffer aan die ekonomiese sakekern van die land, is tans 52.6% vol. Die Sterkfonteindam, met ‘n inhoudsmaat net ‘n bietjie groter as die Vaaldam, is 87.4% vol.
Lees meer

Drought
The present drought situation in perspective

Daily newspapers, media releases and radio talks on the drought situation in the country have become the news of the day and rightly so, because the country is in the midst of a serious disaster drought situation, some people speculate the worst in 20 years or 40 years or ever. Being involved in disaster management and drought relief measures for a long time, it was interesting to look through old documents and to come to the conclusion that South Africa had its fair share of droughts and we as a country must take our hats off to the farmers that do so well all along. Read more

Kommunikasie
Agri SA mediaverklarings / AGRI SA MEDIA RELEASES

28 Januarie/January 2016
Agri SA vra vir bystand met die droogte
AGRI SA ASKS FOR DROUGHT ASSISTANCE
Read more

13 Januarie/January 2016
Agri SA waarsku teen ‘n potensiële ‘volmaakte storm” in Suid-Afrika
Agri SA warns against South Africa’s potential perfect storm
Read more

11 Januarie/January 2016
Senwes skenk R1-miljoen aan Droogterampfonds terwyl agribesighede hul steun aan fonds toesê
Senwes donates R1 million to Drought Disaster Fund as Agribusinesses Unite behind the Fund
Read more

RSG Landbou

Agri SA is verantwoordelik vir die Maandag-inset op die RSG Landbouprogram. Hieronder is ‘n link waar daar na onderhoude wat gevoer is geluister kan word. Die onderhoud(e) word in ‘n MP3-formaat aangebied.

• 1 Februarie 2016 – Johannes Moller – Grondhervorming, droogte en munisipale verkiesing
• 25 Januarie 2016 – Livhu Ngwekhulu – Agri SA BEE sake
• 18 Januarie 2016 – Christo van der Rheede – Agri SA bestuur Ramphulpfonds
• 11 Januarie 2016 – Omri van Zyl – Landbou en 2016
• 4 Januarie 2016 – Dan Kriek – Landbou in 2016