Eers wurms, nou sprinkane

Eers was dit herfskommandowurms en nou is dit sprinkane wat groot skade aan gewasse in Suider-Afrika kan veroorsaak.

Daar is reeds ongeveer 50 rooi sprinkane per vierkante meter in ’n gebied van 76 000 hektaar in die Kafue-plein in Zambië, sê Moses Okhoba, direkteur van die internasionale beheerorganisasie van rooi sprinkane (IBRS) in Suider-Afrika.

As hulle nie beheer word nie, kan hulle tot swerms van 40 miljoen ontwikkel wat mielielande in hul pad sal vernietig.

Klik hier om meer te lees.