KOMMUNIKASIE EN BEELDBOU
| Aksies & Dokumente |
Voorsitter |
Funksionaris |
|||
|
|
|
Tel: 012 643 3400 E-pos: Kobus |
|||
|
Carl Opperman |
Kobus Visser |
||||
RSG Landbou word van Maandag tot Donderdag om 12:30 tot 12:45 op RSG se senders uitgesaai en bereik in hierdie tydgleuf hoofsaaklik ʼn Afrikaansprekende mark met ongeveer 396 000 luisteraars per program.
Lise Roberts is die programaanbieder en onderhoudvoerder, Hennie Maas is verantwoordelik vir die finale verpakking van die program. Die organisasies betrokke by die program - Agri SA, Graan SA en die Melkprodusente-organisaie (MPO) - het met elke program ses minute tot sy beskikking vir eie nuus en onderhoude. Dié organisasies is verantwoordelik vir die inhoud van die programgedeelte.
Agri SA is verantwoordelik vir Maandae se programinhoud. Die oogmerk met die program is om Agri SA se boodskap so doeltreffend moontlik oor te dra, maar ook om relevante inligting van diensverskaffers in die landboumark aan die landbougehoor oor te dra. Agri SA maak ook van dié medium gebruik om relevante inligting oor beleid wat op die landbou mag impakteer, aan die boeregemeenskap oor te dra.
The programme is broadcast from Monday to Thursday from 12:30 to 12:45 on RSG’s senders and in this timeslot reaches mainly an Afrikaans-speaking market of approximately 396 00 listeners per programme.
Lise Robers is the overall presenter, and interviewer of the programme, Hennie Maas is responsible for the final packaging of the programme. The organisations involved in the programme - Agri SA, Grain SA and the Milk Producers’ Organisation (MPO) - each have six minutes at their disposal for own news and interviews. These organisations are responsible for the content thereof.
Agri SA is responsible for Monday’s programme content. The aim of the programme is to convey Agri SA’s message as effectively as possible but also to convey relevant information of the service providers to the farming audience. Agri SA also uses this medium to pass on to the farming community relevant information on policy that may impact on agriculture.
