KZN NWKV nuwe leierskap - Agri SAAgri SA

KZN NWKV nuwe leierskap

Othard Klingenberg van die Luneburg distrik is die nuwe voorsitter van die Wolkwekers van Natal en neem hy leisels oor by Francois du Plessis wat hom nie weer verkiesbaar gestel het nie, maar wel op die Bestuur dien. Sy seun Francois Jnr. is tot vise voorsitter verkies.

KwaZulu natal is die kleinste wolproduserende provinsie en bedreigings soos grondhervorming, veediefstal en predasie is van die oorsake wat tot hierdie verminding lei.

Bom Louw, NWKV produksie adviseur in Harrismith in samewerking met die Bestuur is verbind tot aksies wat die lewensvatbaarheid van wolboere in KZN sal verseker.

Othard Klingenberg (regs) en Francois du Plessis Jnr (links)