VKB/VL Veiligheidslessenaar: Media Verklaring

Twee plaasaanvalle, een by Kroonstad en een by Clocolan, het die afgelope naweek in die Vrystaat plaasgevind. In ’n derde voorval is ’n egpaar van die Reitz distrik ongedeërd na hulle alarm gemaak het toe hulle ’n verdagte man by hulle huis gevind het.

Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar is twee werkers van die plaas Delportsrus naby Kroonstad, deur sowat 10 rowers aangeval en aangerand Saterdag, 11 Maart 2017. Die rowers het met ’n bakkie en waentjie op die plaas opgedaag, en het die werkers aangehou terwyl hulle in die huis en by store ingebreek het. Altesaam 14 sonpanele met batterye asook ander werkswinkel toerusting is gesteel. Die skade word op sowat R200 000 beraam.

Klik hier om die volle verklaring te lees.