VL se 2017 Jongboer van die Jaar finaliste

Op 6 April 2017 sal die 21ste Vrystaat Landbou (VL) Jongboer van die Jaar, in samewering met Standard Bank, in Bloemfontein aangekondig word. Op dieselfde dag vier VL se Jongboer Komitee hulle 32ste bestaansjaar tydens hul jaarlikse konferensie. Die tema van die 2017 Konferensie is: Die Jongboer in die globale mark.

Sprekers tydens die geleentheid sluit in Jaqcues Celliers, HUB van FNB SA, en dr. Dirk Strydom, bestuurder vir Graan Ekonomie en Bemarking by Graan SA. Myan Subrayan sal as motiveringspreker optree.

Die kompetisie het sy ontstaan in die Vrystaat gehad, en word aangebied om jongboere deur georganiseerde landbou te bemagtig vir volhoubare groei. Dit stel die jongboer in staat om op aspekte in sy boerdery te fokus wat hy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het.

Klik hier om meer te lees.