CMW Wolmarkverslag 10 Januarie 2018 - Agri SAAgri SA

CMW Wolmarkverslag 10 Januarie 2018

MARKANALISE

Met die eerste veiling van 2018 agter die rug lyk vooruitsigte baie belowend. Die prys vir goeie gehalte fyn wol het met sowat 1,5% verstewig, terwyl die sterker mikron-groepe ‘n aks goedkoper verhandel het. Swak gehalte wol het egter deurgeloop en met tot 3% gedaal. Ten spyte van die Rand wat met 8,5% teenoor die USDollar versterk het, het die Nasionale aanwyser met 0,2% gestyg en staan tans op R188,08 per kg skoonwol.

OVK se hoogste prys op die veiling was R164.00/kg vir `n BMY lot van 17.5 mikron wat behaal is deur Perdegrasvlei Boerdery van Smithfield. Modiano was die koper.

VOORUITSIGTE

In weerwil van die Rand wat tans baie sterker vertoon teen die USDollar, het die Suid-Afrikaanse wolmark vandeesweek positiewe groei getoon wat dui op ‘n stewige aanvraag na wol wereldwyd. Die Australiese wolmark het eweneens vandeesweek met sowat 3.5% gestyg. Dit is ‘n positiewe tendens vir die wereld-ekonomie en dui daarop dat verbruikers bereid is om ‘n premie te betaal vir wolprodukte teenoor ander vesels. China ding ook weer sterk mee om wol te verwerk. Die volgende veiling vind plaas op Woensdag 17 Januarie wanneer sowat 13000 bale onder die hamer sal kom. Hierdie verslag deur Pierre de Lange – Wol Bemarkings Bestuurder OVK.

 

Klik hier om die volle verslag te lees.