Dan Kriek se visie vir Agri SA - Agri SAAgri SA

Dan Kriek se visie vir Agri SA

Kriek

Dan Kriek, die nuutverkose voorsitter van AgriSA, neem die leisels oor van ‘n organisasie wat reeds geruime tyd besig is om sy mandaat te heroorweeg. Hy praat met Nico van Burick oor sy voornemens.

 

Op die onlangse jaarlikse kongres het dit gelyk of daar ‘n groot mate van eensgesindheid oor die nuwe struktuur is. Is dit inderdaad so?

Ek glo dit is so, en moet my voorganger, mnr. Johannes Möller, krediet daarvoor gee. Verandering bring mos maar onsekerheid, en hy het vir ‘n jaar lank baie moeite gedoen om aan almal wat vrae gehad het, antwoorde te gaan verskaf.

 

Jy moet ook onthou, dit kom al drie jaar. Dit is nie asof ons op een dag met ‘n nuwe plan vorendag gekom het nie. Ons was uiters bedag daarop om inklusief te wees, en almal kon hul eie insette lewer. Daarom is die veranderinge sonder enige teenstem by die kongres aanvaar en dit is verblydedend.

Dit lyk of Agri SA al meer klem daarop lê om dinge self te doen as om net beleid te probeer beïnvloed.

Met verloop van tyd het dinge verander. Vat byvoorbeeld grondhervorming. Jy kan sê in die ou bedeling het ons net beleidsontwikkeling gedoen, maar nou wil ons deelneem aan die prosesse om grondhervorming te bespoedig.

 

As jy nie vandag inklim en die werk gaan self doen nie, soos ons bedryfsorganisasies wel doen, gaan niks gebeur nie. Ons bly in ‘n wanfunksionele samelewing met ‘n wanfunksionele regering op verskeie vlakke. Ons moet albei kan doen: Die beleidsomgewing beïnvloed, en prakties betrokke raak.

 

Veiligheid is nóg ‘n voorbeeld. Ons kan met die polisie praat en help met ‘n veiligheidstrategie, maar as ons nie tot op grondvlak self dinge doen om ons te beveilig nie, bly ons kwesbaar. Ons doen die beleidwerk bo, maar is ook baie meer betrokke by implementering. Ons doen dit deur ons provinsiale structure, bedryfsorganisasies en het ook ‘n klompie uiters profesionele mense in ons administrasie wat ons daarmee kan help.

 

Klik hier om meer van die onderhoud te lees.

 

Hoof prent: Vrystaat Landbou