Baie dankie aan diegene wat reeds tot die fonds bygedra het. Ons opregte waardering.


Sien video hiernaas oor die aard en omvang van droogtehulp reeds gelewer.



Agri SA is nou in beheer van die Droogterampfonds.


Dit volg na die landbou-organisasie die Minister van Landbou, Senzeni Zokwana gevra het om noodmaatreëls in plek te
kry weens die verskriklike droogte.

HOE OM TE SKENK?

Donasies kan gemaak word tot die Droogterampfonds deur een van die opsies hieronder:

EFT & Deposito’s

Gebruik asseblief die bankbesonderhede hier onder:

Begunstigde: Agri SA Rampfonds
Bank: ABSA
Rekening Tipe: Tjek
Rekening Nommer: 40-6854-0775
Tak Kode: 632 005 (Business Bank – Pretoria East)
Begunstigde Verwysing: RAMP

Aanlyn Betaling (Kredietkaart & Debietkaart)



Sleutel asseblief die bedrag in wat u wil skenk en klik op die “DONATE NOW” knoppie om voort te gaan met die betaling.



WeChat – Kry R50 terug

WeChat, tesame met Agri SA, het hande geneem om die droogte verligtingspogings, wat daarop geskoei is om boere by te staan, te help. Vir die eerste keer kan jy ‘n donasie via die WeChat-platform maak. Vir die eerste R50 wat jy skenk, sal jy dadelik R50 in jou WeChat-wallet ontvang.

Skenk Voer

Kliek op die “SKENK VOER” skakel en vul asseblief die vorm met u besonderhede in.

Skenk Voer

SMS

Skenk R30 aan die Droogterampfonds deur die sleutel woord “RAMP” te stuur na 42030.

SnapScan

1. Laai SnapScan af hier.

2. Klik op die “KRY SNAPCODE” knoppie hier onder.

3. Maak SnapScan oop en gebruik u toestel se kamera om die SnapCode te skandeer.

4. Sleutel die bedrag in wat u wil skenk en bevestig die betaling met ‘n 4-syfer kode.

Kry snapcode

Stigtingsvennoot

Dankie aan ons donateurs

Agri SA is dankbaar vir alle donasies wat ontvang word, elke bydrae maak ‘n verskil.

Media Vennote

OOR DIE DROOGTEFONDS

Die Droogterampfonds maak voorsiening vir alle bekommerde individue en organisasies of maatskappye om bydraes te maak. Die fondse sal dan versprei word onder behoeftige boere via die relevante Agri SA-geaffilieerde verenigings in die bepaalde gebiede.

Omri van Zyl (Uitvoerende Direkteur: Agri SA) het beklemtoon hoe belangrik dit vir die land is om hulp te verleen aan boere. “Die huidige droogte is die ergste in meer as twee dekades en die implikasies kan ‘n uiters negatiewe impak op die voedselsekuriteit van die land hê. Terwyl die onmiddellike impak van die droogte deur die produsent gevoel sal word, sal die verbruiker ook die effek daarvan beleef in die vorm van produktekorte en prysverhogings van verwante kommoditeite. Dit is waarom dit so belangrik is om alle pogings aan te wend om boere te ondersteun.”

Agri SA besef die erns van die saak, wat dan ook die rede is waarom hierdie Droogterampfonds geloots is. Omri voeg by: “Dit is uiters noodsaaklik om die boere en hul werkers produktief en op hul plase te hou. Hierdie is meer as net ‘n poging om te verseker dat ons burgers kos op hul tafels het – dit het ook ‘n direkte humanitêre implikasie in terme van die vermoë van plaaswerkers, boere en hul gesinne om ‘n lewe te maak.”

Agri SA doen ‘n beroep op alle besorgde Suid-Afrikaners om boere by te staan, aangesien hul bydrae krities is vir die voedselsekuriteit van ons land en die plattelandse ekonomie. Kom ons vat hande en ondersteun boerderygemeenskappe in hul uur van nood.”

Agri SA bied ook nou aan diegene wat hulself in meer gunstige omstandighede bevind, die geleentheid om voer te skenk aan areas waar die behoefte ontsettend groot is. Agri SA skep die platform op hierdie webblad waar skenkings gemaak kan word en hanteer die logistieke reëlings, terwyl die voer in samewerking met provinsiale affiliasies verdeel en versprei word in die behoeftige areas. Produsente in nood word versoek om hul naaste provinsiale affiliasie te nader om aansoek te doen vir bystand.

Senwes Landboudienste Droogte-advies vir produsente


Sien PDF

Voedingswenke vir veeboere
tydens droogte


Sien PDF

Heinz Winckler ondersteun die DroogteRampFonds


Kyk die video

André Venter

Ons Vra U Vir Reën Video


Kyk die video

HULP REEDS VERLEEN

Klik op die volgende organisasies se Facebook blaaie