Vennootskappe ál belangriker vir boerdery - Agri SAAgri SA

Vennootskappe ál belangriker vir boerdery

Boere raak toenemend afhanklik van vertikale én horisontale vennootskappe om mededingend te kan bly boer, sê dr. Mathews Phosa, politikus, sakeman en Bosnmara-boer.

 

Hy het op Agri SA se kongres in Pretoria oor die belangrikheid van vennootskappe gepraat en boere aangemoedig om dit te oorweeg. “Boere is van nature onafhanklik en op hulself aangewese, vandaar die gesegde van ”n boer maak ‘n plan’. Daarom kan ‘n mens ook verstaan hoekom baie van hulle se oë rol as jy net praat oor vennootskappe.”

 

Hy meen die omvang van ‘n boer se werk het net té veel geraak om nie van diensverskaffers van buite gebruik te maak nie. “Hulle moet veral horisontale venootskappe oorweeg om byvoorbeeld marktoegang of vir goedkoper produksiemiddele te beding.”

Vennootskappe tussen boere
Volgens Phosa is daar ook ‘n dringende behoefte aan vennootskappe tussen ontwikkelende boere en gevestigde kommersiële boere: “Met 90% van grondhervormingsprojekte wat misluk, is dit van die grootste belang dat nuwe boere langetermynvennootskappe tot voordeel van almal met nuwe boere moet omgaan.”

 

Phosa sê ook alle partye het die steun van die Regering nodig. “Die Regering moet byvoorbeeld toegang tot buitelandse markete beding – boere kan dit nie op hule eie regkry nie. Dit is van deurslaggewende belang dat die Regering en boere hand moet vat.”

 

Die sleutelbeginsel waarop ‘n vennootskap moet berus, sluit in goeie bestuur, deursigtigheid, gesamentlike besluitneming, gereelde gesprekvoering en soms die betrokkendheid van ‘n onpartydige derde party.

 

Bron: Landbou.com

 

Hoofprent: DispatchLIVE