Wes-Kaapse boere kan waterverbod kry - Agri SAAgri SA

Wes-Kaapse boere kan waterverbod kry

land

Die droogte in die Wes-Kaap is nou so erg dat daar vrese is dat die graanoes sal misluk en dat boere verbied kan word om enige water te gebruik vir besproeiing. ‘n Algehele verbod op besproeiing kan ‘n verlies van 20 000 werksgeleenthede beteken vir mense in die provinsie.

 

Sekere lande in die Rooi-karoo (Porterville, Piketberg en Eendekuil) gaan geen oes hierdie jaar lewer nie. Die Wes-Kaap is Suid-Afrika se belangrikste gebied vir wintergrane soos gars en kanola. As gevolg van die droogte sal daar waarskynlik meer ingevoer moet word.

 

Volgens Wanda Augustyn, van die wynprodusenteliggaam VinPro, is dit nog te vroeg om seisoenvooruitskattings te maak oor die effek van die droogte op die druiwe.

 

Vir veeprodusente in die provinsie is die situasie al kritiek. Agri Wes-Kaap het al R4 miljoen spandeer aan 6000 ton voer en voerblokkies. Die provinsiale regering het al R68 miljoen spandeer aan droogtehulp vir boere.

 

Bron: Netwerk24